Judges 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Manoag die HERE gesmeek en gesê: My HERE, laat die man van God wat U gestuur het, na ons terugkom en ons leer wat ons met die kindjie wat gebore sal word, moet doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manoag het toe tot die Here gebid: “Here, laat asseblief tog die man van God wat U na ons gestuur het, weer na ons toe kom. Laat hy vir ons meer kom sê oor wat ons moet doen met die kind wat gebore gaan word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Manoag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word. |
| Afrikaans 1983 | Toe het Manoag tot die Here gebid: “Here, laat die man van God vir wie U gestuur het, asseblief weer na ons toe kom dat hy ons kan leer wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Manoag het toe by die Here gepleit en gesê: “Asseblief, my Heer! Die man van God wat U gestuur het, laat hy tog weer 'n keer na ons kom, sodat hy ons kan leer wat ons moet doen met die seun wat gebore gaan word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manoag het gebid en vir die Here gevra: “Asseblief, Here, laat daardie man wat U gestuur het, weer na ons toe kom. Hy moet vir ons leer wat ons moet doen met die seun wat gebore sal word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Manoag het toe gebid en vir die Here gesê: “Here, stuur asseblief weer die man van God na ons toe sodat hy vir ons kan verduidelik hoe ons die kind moet grootmaak.” |