Judges 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; en drink nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seuntjie sal 'n Nasireër vir God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir my gesê: ‘Kyk, jy gaan verwag en ’n seun hê. Jy mag nie wyn of sterk drank drink nie. Moenie iets eet wat onrein is nie. Die seun sal van sy geboorte tot sy dood aan God gewy wees.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal 'n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir my gesê: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun in die wêreld bring. Jy mag voortaan nie wyn of bier drink nie en ook nie enigiets onreins eet nie, want die kind sal van sy geboorte af tot met sy dood aan God gewy wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir my gesê, ‘Kyk, jy gaan swanger word en 'n seun in die wêreld bring. Daarom, moenie wyn of sterk drank drink nie, en moenie enigiets onreins eet nie, want die seun sal 'n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir my gesê: ‘Jy is swanger en jy sal 'n seun kry, maar nou mag jy nie wyn of bier drink nie en jy moenie iets eet wat onrein is nie, want die seun sal 'n nasireër van God wees vandat hy gebore word totdat hy sterf.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hy het vir my gesê: ‘Jy is swanger en jy gaan geboorte gee aan ’n seun. Jy moet van nou af nie wyn of bier drink of enige verbode kos eet nie, want die kind sal van sy geboorte tot sy dood aan God toegewy wees.’” |