Judges 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie, want die seun sal van die moederskoot af 'n Nasireër vir God wees; en hy sal begin om Israel uit die hand van die Filistyne te verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy gaan binnekort geboorte gee aan ’n seun. Jou seun se hare mag nooit geskeer word nie. Hy sal van geboorte af ’n nasireër van God wees. Hy sal die Israeliete uit die hand van die Filistyne bevry.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne. |
| Afrikaans 1983 | Trouens, jy is reeds swanger en jy sal 'n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, kyk, jy gaan swanger word en 'n seun in die wêreld bring. 'n Skeermes mag nie naby sy kop kom nie, want die seun sal 'n •nasireër van God wees van die moederskoot af. Hy sal begin om Israel te red uit die hand van die Filistyne.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, jy is swanger en jy sal 'n seun kry, en hy moenie sy hare laat afskeer nie, want hy sal 'n nasireër van God wees vandat hy gebore is. En dit is hy wat sal begin om die Israeliete te red van die Filistyne.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ek gesê het, jy sal geboorte gee aan ’n seun. Sy hare mag nooit gesny word nie, want dié kind sal van sy geboorte af net vir God se diens opsy gesit wees. Dit sal hy wees wat die Israeliete uit die mag van die Filistyne red.” |