Judges 13:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE dit behaag het om ons dood te maak, sou Hy geen brandoffer en spysoffer van ons hand ontvang het nie, en sou Hy ons al hierdie dinge nie laat sien het nie, en ook nie soos in hierdie tyd gesê het nie ons sulke dinge soos hierdie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy sê vir haar man: “As die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie ons brandoffer en graanoffer aanvaar het nie. Hy sou ook nie aan ons verskyn het en ons al hierdie wonderlike dinge vertel het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie. |
| Afrikaans 1983 | maar sy sê vir haar man: “As die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie die brandoffer en graanoffer van ons aangeneem het nie. Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike ding laat sien het en ons vandag hierdie nuus meegedeel het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar sy vrou het vir hom gesê: “As die Here ons wou laat sterf, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en graanoffer aanvaar het nie. Hy sou ons nie al hierdie dinge laat ervaar het nie, en Hy sou nie juis nou aan ons so iets bekend gemaak het nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar sy vrou het vir hom gesê: “Nee, die Here wil ons nie laat sterf nie, want Hy het ons brand-offer en ons koring-offer aanvaar. Hy het ook vir ons al hierdie dinge laat sien en laat hoor. Hy sou dit nie gedoen het as Hy ons wou laat sterf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar sy het hom geantwoord: “As die Here van plan was om ons dood te maak, sou Hy nooit ons offers aanvaar het nie. Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike goed laat sien het en vir ons sulke goeie nuus gebring het as dit sy plan was nie.” |