Judges 13:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want toe die vlam van die altaar af na die hemel opgaan, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar. En Manóag en sy vrou het daarna gekyk en met hul aangesig op die grond geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die vlamme uit die altaar opskiet die lug in, het die Engel van die Here in die vlamme opgestyg. Toe Manoag en sy vrou dit sien, het hulle vooroor met hulle gesigte teen die grond neergeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manoag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval. |
| Afrikaans 1983 | Die vlam het van die altaar af opgegaan hemel toe en die Engel van die Here het in die altaarvlam opgestyg. Manoag en sy vrou het dit gesien en hulle het platgeval op die grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die vlam van die altaar af na die hemelruim opstyg, het die Engel van die Here in die vlam van die altaar opgegaan terwyl Manoag en sy vrou dit sien. Hulle het neergeval met hulle gesigte teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vlam het van die altaar opgegaan in die lug, en die Engel van die Here het ook in die vlam opgegaan. Manoag en sy vrou het dit gesien, en hulle het laag gebuig, hulle gesigte was teen die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl die vlam van die altaar af opvlam die lug in, het die Boodskapper van die Here in die vlamme teruggegaan hemel toe. Toe Manoag en sy vrou dit sien, het hulle plat op die grond neergeval. |