Judges 13:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Manóag 'n bokkie saam met 'n spysoffer geneem en dit op 'n rots aan die HERE geoffer, en die engel het wonderbaarlik gedoen; en Manoag en sy vrou het gekyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Manoag het toe ’n bokkie gereed gekry en dit saam met ’n graanoffer op ’n klip vir die Here geoffer. Terwyl Manoag en sy vrou so staan en kyk, het iets wonderliks gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem Manoag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manoag en sy vrou:
Afrikaans 1983 Toe vat Manoag die bokkie, en hy sit dit saam met 'n graanoffer op 'n klip as offer vir die Here. Terwyl Manoag en sy vrou staan en kyk, het die Here 'n wonder laat gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Manoag neem toe die bokkie en die •graanoffer, en offer dit vir die Here op 'n rots. Die Here het 'n wonder laat gebeur terwyl Manoag en sy vrou toekyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Manoag het die bokkie en 'n koring-offer geneem en hy het dit op die rots neergesit. Dit was 'n offer vir die Here. En toe het die Here 'n wonderwerk laat gebeur. Manoag en sy vrou het dit gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Manoag het toe ’n bokkie saam met ’n bietjie graan as ’n offer op ’n klip neergesit. Toe doen die Here ’n wonder voor hulle oë.