Judges 13:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die Engel van die HERE vir Manóag: Al hou jy My aan, Ek sal nie van jou brood eet nie; en as jy 'n brandoffer wil bring, moet jy dit aan die HERE bring. Want Manoag het nie geweet dat hy 'n engel van die HERE was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal hier wag,” sê die Engel van die Here vir Manoag. “Maar Ek sal niks eet nie. Jy kan wel ’n brandoffer gereedmaak en dit vir die Here bring.” Manoag het nie agtergekom dat dit die Engel van die Here was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Engel van die HERE antwoord Manoag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manoag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Engel van die Here sê toe vir Manoag: “Al laat jy My 'n rukkie wag, sal Ek nie jou kos eet nie. Maar as jy 'n brandoffer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.” Manoag het nie besef dat dit die Engel van die Here is nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Engel van die Here sê vir Manoag: “As jy My ophou, sal Ek nie van jou kos eet nie; maar as jy 'n •brandoffer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.” Manoag het immers nie besef dat dit die Engel van die Here is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Engel van die Here het vir Manoag gesê: “Ek sal 'n kort tydjie bly as jy dit wil hê, maar Ek sal nie iets eet nie. Maar as jy vir die Here 'n brand-offer wil gereedmaak, dan kan jy dit doen.” Dit was die Engel van die Here, maar Manoag het dit nie geweet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Boodskapper van die Here sê toe vir Manoag: “Al bly ek nog ’n ruk hier, sal ek in elk geval nie jou kos eet nie. Gebruik eerder die bokkie as ’n brandoffer vir die Here om vir Hom dankie te sê.” Manoag het nie besef dat dit die Here se Boodskapper is nie, |