Judges 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Manóag vir die Engel van die HERE: Laat ons jou tog ophou totdat ons vir jou 'n bokkie gereed gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag ’n bietjie hier. Ek wil vir jou ’n bokkie gaan gaarmaak om te eet.”
Afrikaans 1933/1953 Manoag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons 'n bokkie vir U kan berei.
Afrikaans 1983 Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag tog 'n rukkie, dan maak ons vir u 'n bokkie gaar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Manoag sê toe vir die Engel van die Here: “Mag ons U ophou, sodat ons vir U 'n bokkie kan voorberei?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Manoag sê toe vir die Engel van die Here: “Jy moet asseblief by ons bly, net 'n kort tydjie. Ons wil vir jou 'n bokkie gereedmaak om te eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Manoag sê toe vir die Boodskapper van die Here: “Bly nog so ’n rukkie hier, dan maak ons vir jou ’n bokkie gaar.”