Judges 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy mag niks eet wat van die wingerdstok kom nie, en sy mag ook geen wyn of sterk drank drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy mag nie iets eet wat van druiwe af kom nie. Sy mag nie wyn of sterk drank drink nie. Sy mag niks eet wat onrein is nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.
Afrikaans 1983 Sy mag nie die opbrengs van 'n wingerdstok eet nie, en sy mag nie wyn of bier drink nie. Sy mag ook nie iets onreins eet nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enigiets wat van die wingerdstok af kom, mag sy nie eet nie. Wyn en sterk drank moet sy nie drink nie. Enigiets wat onrein is, moet sy nie eet nie. Alles wat Ek haar beveel, moet sy nakom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy moet niks eet wat uit die wingerd kom nie, sy moenie wyn of bier drink nie en sy moenie iets eet wat onrein is nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy mag nie druiwe eet of wyn en sterk drank drink nie. Sy mag ook nie enige verbode kos eet nie. Sy moet net doen wat Ek vir haar gesê het.”