Judges 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Manoag het opgestaan en sy vrou agterna gegaan en by die man gekom en vir hom gesê: Is jy die man wat met die vrou gespreek het? En hy sê: Ek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manoag het saam met sy vrou teruggehardloop. Toe hy by die man kom, vra hy vir hom: “Is jy die man wat met my vrou gepraat het?” Die man het geantwoord: “Dit was ek, ja.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan Manoag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met die vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja. |
| Afrikaans 1983 | Manoag is toe dadelik agter sy vrou aan. Hy het by die man gekom en vir hom gevra: “Is u die man wat met my vrou gepraat het?” Die Man het geantwoord: “Ja, Ek is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop staan Manoag op en gaan agter sy vrou aan. Toe hy by die man kom, vra hy vir hom: “Is u die man wat met die vrou gepraat het?” Hy het geantwoord: “Dit is ek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manoag het saam met sy vrou gegaan. Toe hy by die man kom, het hy vir die man gevra: “Is jy die man wat met my vrou gepraat het?” En die Engel het gesê: “Ja, Ek is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Manoag is toe dadelik saam met sy vrou daar weg. By die man aangekom, vra hy vir hom: “Is jy die man wat nou die dag met my vrou gepraat het?” “Ja, dit is ek,” het hy geantwoord. |