Judges 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vrou het gou gemaak en gehardloop en haar man te kenne gegee en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat nou die dag na my gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy hardloop toe gou terug na haar man toe en sê vir hom: “Die man wat nou die dag by my was, het nou weer gekom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Toe hardloop sy gou en sê vir haar man: “Die man wat nou die dag na my toe gekom het, het weer aan my verskyn.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrou hardloop toe vinnig en gaan vertel dit vir haar man. Sy het vir hom gesê: “Kyk, die man wat nou die dag na my gekom het, het aan my verskyn!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou het vinnig na haar man toe gehardloop en vir hom gesê: “Die man wat na my toe gekom het, het nou weer gekom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het sy vinnig na hom toe gehardloop en vir hom gesê: “Die man wat nou die dag met my gepraat het, is weer hier!” |