Judges 13:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; en die HERE het hulle in die hand van die Filistyne gegee, veertig jaar lank.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het weer voor die Here kwaad gedoen. Hy het hulle vir 40 jaar lank aan die Filistyne onderwerp.
Afrikaans 1933/1953 En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle veertig jaar lank oorgegee in die mag van die Filistyne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Here het hulle toe veertig jaar lank oorgegee in die hand van die Filistyne.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, en die Here het die Filistyne gehelp om die Israeliete 40 jaar lank te verdruk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Daarom het die Here hulle vir 40 jaar in die mag van die Filistyne oorgegee.