Judges 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dertig seuns en dertig dogters gehad, wat hy na die buiteland gestuur het en dertig dogters uit die buiteland vir sy seuns ingeneem het. En hy het Israel sewe jaar lank gerig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het sy dogters met mans buite sy stam laat trou. Hy het ook sy seuns met 30 vroue van buite sy stam laat trou. Hy het Israel vir sewe jaar lank gelei.
Afrikaans 1933/1953 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
Afrikaans 1983 Hy het dertig seuns en dertig dogters gehad. Hy het sy dogters met mans laat trou wat nie aan sy stam behoort het nie, en vir sy seuns het hy dertig vrouens van buite sy stam af laat kom. Hy was sewe jaar lank leier van die Israeliete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dertig seuns en dertig dogters gehad. Die dogters het hy in die huwelik afgegee buite die familiegroep; vir sy seuns het hy meisies van buite die familiegroep ingebring. Hy het Israel sewe jaar lank gerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het sy 30 dogters laat trou met mans wat nie aan sy stam behoort het nie, en hy het sy seuns laat trou met meisies wat nie aan sy stam behoort het nie. Hy was sewe jaar lank die leier van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het toegelaat dat sy dogters met mans trou wat nie deel van hulle stam was nie, en vir sy seuns het hy vroue van buite sy stam laat kom om met hulle te trou. Ibsan was sewe jaar lank Israel se leier.