Judges 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle vir hom: Sê tog Sibboleth, en hy het Sibboleth gesê, want hy kon nie raam om dit reg uit te spreek nie. Toe het hulle hom geneem en hom gedood by die deurgange van die Jordaan, en in dié tyd het van die Efraimiete twee en veertig duisend geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sê hulle vir hom: “Sê ’n bietjie: ‘Sjibbolet.’” Wanneer hy “Sibbolet” sê, het hulle hom gegryp en daar by die Jordaandrif doodgemaak. Die Efraimiete kon nie die woord reg uitspreek nie. So is 42 000 man van Efraim dood. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval. |
| Afrikaans 1983 | sê hulle vir hom: “Sê 'n bietjie: Sjibbolet,” maar dan sê hy: “Sibbolet,” want hy kan dit nie reg uitspreek nie. Dan gryp hulle hom en maak hom daar by die Jordaandrif dood. In daardie tyd het daar twee en veertig duisend man van Efraim gesneuwel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan sê hulle vir hom: “Sê bietjie ‘sjibbolet.’ ” En as hy sê “sibbolet,” en nie daarop bedag is om dit reg uit te spreek nie, dan het hulle hom gegryp en hom keelaf gesny by die driwwe van die Jordaan. In dié tyd het daar twee-en-veertigduisend man uit Efraim geval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan het hulle vir hom gesê: “Sê: Sjibbolet.” As hy dan verkeerd praat en sê: “Sibbolet,” dan het hulle hom gegryp en hulle het hom daar by die Jordaan-rivier doodgemaak. Daar het 42 000 Efraim-mense in daardie tyd gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle vir hom gevra om die woord “Sjibbolet” uit te spreek. Die mense van Efraim kon nie die woord reg uitspreek nie en het “Sibbolet” gesê. As hy dit dan verkeerd uitspreek, het hulle die persoon gevat en hom net daar in die Jordaanrivier doodgemaak. In hierdie tyd het hulle 42 000 soldate van Efraim doodgemaak. |