Judges 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Gileadiete het die dele van die Jordaan voor die Efraimiete ingeneem, en toe die ontvlugte Efraimiete sê: Laat my oortrek; dat die manne van Gílead vir hom gesê het: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die Efraimiete by die Jordaandriwwe voorgelê. Wanneer iemand deur die Jordaan wou teruggaan, het hulle vir hom gevra: “Is jy ’n Efraimiet?” Wanneer hy sê: “Nee!”, |
| Afrikaans 1933/1953 | En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee, |
| Afrikaans 1983 | Die manne van Gilead het die Jordaandriwwe na Efraim toe beset, en wanneer 'n Efraimitiese vlugteling sê: “Ek wil deurgaan,” sê hulle vir hom: “Jy is 'n Efraimiet.” As hy sê: “Nee, ek is nie,” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gilead het die driwwe van die Jordaan na Efraim beset. Wanneer een van die vlugtelinge van Efraim dan sê, “Ek wil oorgaan,” sê die manne van Gilead vir hom: “Is jy 'n Efraimiet? ” As hy sê, “Nee,” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gilead-mense het by die driwwe in die Jordaan-rivier gaan wag vir die Efraim-mense wat wou teruggaan. Wanneer een van die Efraim-mense wat gevlug het uit die oorlog, daar kom en hy sê hy wil oor die rivier gaan, dan het die Gilead-mense vir hom gevra: “Is jy van die Efraim-mense?” en as hy sê: “Nee,” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate van Gilead het al die driwwe van die Jordaanrivier beset om te keer dat die soldate van Efraim kon terugvlug. As daar dan ’n Efraimitiese vlugteling aankom en vra om deurgelaat te word, het hulle vir hom gevra: “Kom jy van Efraim af?” As die persoon dan sê: “Nee, beslis nie,” |