Judges 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jefta al die manne van Gílead bymekaargemaak en teen Efraim geveg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle Gileadiete is vlugtelinge van Efraim onder die Efraimiete en onder die Manassiete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Efraimiete sê: “Julle mense van Gilead het uit Efraim en Manasse gedros!” Jefta het toe die mense van Gilead bymekaargemaak en teen die Efraimiete geveg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse. |
| Afrikaans 1983 | Jefta het toe al die manne van Gilead opgeroep en teen Efraim oorlog gemaak, en die manne van Gilead het vir Efraim verslaan. Die mense van Efraim het altyd vir hulle gesê: “Julle mense van Gilead is weglopers uit Efraim en Manasse.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jefta het toe al die manne van Gilead byeengebring en hulle het teen Efraim oorlog gevoer. Die manne van Gilead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: “Julle is vlugtelinge uit Efraim; Gilead hoort by Efraim en by Manasse.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jefta het al die Gilead-mense bymekaargemaak en hulle het oorlog gemaak teen die Efraim-mense, en hulle het die Efraim-mense oorwin. Die Efraim-mense het altyd gesê: “Julle Gilead-mense is mense wat weggeloop het van die Efraim-mense, en julle woon in 'n land wat behoort aan die Efraim-mense en die Manasse-mense.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers van Efraim sê toe vir hom: “Julle spul in Gilead is in elk geval niks anders as ’n klomp weglopers uit Efraim en Manasse nie.” Jefta het toe sy soldate uit Gilead bymekaargemaak en teen Efraim oorlog gemaak en hulle verslaan. |