Judges 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek sien dat julle my nie verlos het nie, het ek my lewe in my hand gegee en by die kinders van Ammon deurgetrek, en die HERE het hulle in my hand gegee; daarom het julle dan vandag na my toe opgetrek om teen te veg, dit was ek?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ek sien ek gaan nie hulp kry nie, het ek dit maar gewaag en teen die Ammoniete gaan veg. Die Here het hulle in my hand gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom veg?”
Afrikaans 1933/1953 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
Afrikaans 1983 Toe ek merk daar is niemand wat my kom red nie, het ek my lewe gewaag en teen hulle opgetrek. Die Here het hulle in my mag oorgegee. Waarom kom julle nou teen my oorlog maak?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek sien dat julle ons nie gaan verlos nie, het ek my lewe in my hand geneem en oorgetrek na die Ammoniete. Die Here het hulle in my hand gegee. Waarom trek julle dan vandag op teen my om teen my oorlog te voer?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek sien julle wil nie help nie, het ek en my manne alleen na die Ammoniete toe gegaan. Ek het geweet hulle sal my miskien doodmaak. Maar die Here het my laat wen teen hulle. Hoekom het julle vandag teen my kom oorlog maak?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek sien niemand daag op nie, het ek my lewe gewaag en alleen teen hulle gaan veg, en die Here het toe aan my die oorwinning gegee. Hoekom wil julle nou teen my kom oorlog maak?”