Judges 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n groot twis gehad met die kinders van Ammon; en toe Ek julle geroep het, het julle My nie uit hulle hand gered nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jefta het hulle geantwoord: “Daar was ’n groot stryd tussen ons en die Ammoniete. Ek het julle opgeroep, maar julle het my nie kom help nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie. |
| Afrikaans 1983 | Jefta het hulle geantwoord: “Ek en my manskappe was in 'n ernstige stryd gewikkel met die Ammoniete, en ek het julle hulp ingeroep. Maar julle het my nie uit hulle mag kom red nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jefta het hulle geantwoord: “Ek en my mense was in 'n hewige stryd gewikkel met die Ammoniete. Ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand gered nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jefta het vir hulle gesê: “Ek en my manne moes oorlog maak teen die Ammoniete, en dit was nie vir ons maklik nie. Ek hét gevra julle moet help, maar julle het my nie kom red van die Ammoniete nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Jefta: “Ek en my soldate was in ’n bloedige stryd met die Ammoniete gewikkel. Ek het julle laat roep, maar julle het nie opgedaag om my te help nie. |