Judges 12:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Efraim het bymekaargekom en noordwaarts getrek en vir Jefta gesê: Waarom het jy oorgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met jou te gaan nie? ons sal jou huis op jou met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Efraimiete het bymekaargekom om oorlog te maak. Hulle het deur die Jordaan na Safon getrek. Daar het hulle vir Jefta gevra: “Hoekom het jy teen die Ammoniete gaan veg sonder om ons saam met jou te neem? Ons sal jou saam met jou huis afbrand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Die manne van Efraim is vir oorlog opgeroep en het deur die Jordaan getrek na Safon toe. Hulle het vir Jefta gaan sê: “Waarom het jy alleen opgetrek om teen die Ammoniete te gaan veg? Waarom het jy ons nie opgeroep om saam met jou te gaan nie? Ons gaan jou huis bokant jou kop afbrand.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Efraim is opgeroep. Hulle het oor die Jordaan getrek na Safon en vir Jefta gesê: “Waarom het jy oorgetrek om teen die Ammoniete oorlog te maak, maar jy het ons nie opgekommandeer om saam met jou te gaan nie? Ons gaan jou huis bo jou kop afbrand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Efraim-mense het manne bymekaargeroep en hulle het oor die Jordaan-rivier gegaan tot by die stad Safon. Hulle het vir Jefta gesê: “Hoekom het jy gaan oorlog maak maar jy het ons nie gevra om saam met jou te gaan nie? Nou wil ons jou en jou familie in jou huis verbrand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stam van Efraim het sy weermag op die been gebring en oor die Jordaanrivier na Safon toe getrek. Daar aangekom, het hulle vir Jefta gesê: “Waarom het jy alleen teen die Ammoniete gaan veg en ons nie ook gevra om jou te help nie? Nou gaan ons jou huis bo jou kop afbrand!” |