Judges 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom wend ons ons nou weer tot jou, dat jy saam met ons kan gaan en teen die kinders van Ammon kan veg en ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ons het jou nodig,” het die leiers van Gilead vir Jefta gesê. “Kom voer ons aan teen die Ammoniete! Ons sal jou die hoof maak van almal wat in Gilead woon.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die oudstes van G¡lead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van G¡lead.
Afrikaans 1983 Maar die leiers van Gilead het vir Jefta gesê: “Dit is juis waarom ons terug is by jou. Jy moet saam met ons kom sodat ons kan gaan oorlog maak teen die Ammoniete. Jy moet ons leier word en ook al die mense van Gilead s'n.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oudstes van Gilead sê toe vir Jefta: “Dit is waar, maar nou kom ons terug na jou. Jy moet saam met ons gaan en teen die Ammoniete veg, dan sal jy vir ons, vir al die inwoners van Gilead, 'n leier wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die Gilead-mense het vir Jefta gesê: “Dit is waar wat jy sê, maar ons het nou na jou toe gekom om te vra jy moet saam met ons gaan en oorlog maak teen die Ammoniete. As jy dit doen, dan sal jy die hoof word van al die mense wat in Gilead woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Omdat ons jou nodig het om saam met ons teen die Ammoniete te veg,” het hulle vir Jefta gesê. “Ons wil hê jy moet die leier van ons almal in Gilead wees.”