Judges 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jefta sê aan die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis verdryf nie? en waarom kom julle nou na My toe as julle in benoudheid is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jefta antwoord die leiers: “Julle het my dan so gehaat dat julle my uit my pa se huis weggejaag het. Vir wat kom julle nou na my toe wanneer julle in die moeilikheid is?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jefta antwoord die oudstes van G¡lead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit? |
| Afrikaans 1983 | Jefta het vir die leiers van Gilead gesê: “Julle het my gehaat. Julle het my weggejaag uit my pa se huis uit. Waarom kom julle noudat julle in die moeilikheid is na my toe?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jefta het die oudstes van Gilead geantwoord: “Is dit dan nie julle wat my verag en uit my vader se huis weggejaag het nie? Waarom kom julle nou na my toe, noudat julle in die nood is?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jefta het vir die leiers van die Gilead-mense gesê: “Dit is júlle wat nie van my gehou het nie, julle het my weggejaag uit my pa se huis. Hoekom kom julle nou na my toe as dit sleg gaan met julle?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jefta se antwoord was: “Julle het my so gehaat dat julle my gedwing het om my eie pa se huis te verlaat. Hoekom hardloop julle nou skielik na my toe as julle in die moeilikheid is?” |