Judges 11:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die einde van twee maande het sy na haar vader teruggekeer, wat met haar gedoen het volgens sy gelofte wat hy beloof het; en sy het niemand geken nie. En dit was 'n gewoonte in Israel, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan die einde van die twee maande het sy teruggekom na haar pa toe. Hy het met haar gemaak soos hy belowe het. Sy het nooit aan ’n man behoort nie. Dit het in Israel ’n instelling geword |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het 'n gewoonte geword in Israel |
| Afrikaans 1983 | Na die twee maande het sy teruggekom na haar pa toe en hy het met haar gehandel volgens sy gelofte wat hy afgelê het. Sy het nooit gemeenskap met 'n man gehad nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná twee maande het sy teruggekeer na haar vader. Hy het sy gelofte nagekom en met haar gedoen wat hy beloof het. Sy het nooit met 'n man intiem verkeer nie. Dit het 'n vaste reël geword in Israel: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die twee maande verby was, het sy teruggekom na haar pa toe. En hy het met haar gedoen soos hy vir die Here belowe het. Sy het nooit by 'n man geslaap nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na twee maande het sy teruggekom na haar pa toe en hy het sy gelofte teenoor die Here nagekom. Sy het as ’n maagd gesterf. |