Judges 11:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy sê vir haar vader: Laat hierdie ding vir my gebeur: laat my staan twee maande, dat ek op en af kan gaan op die berge en my maagdelikheid kan beween, ek en my maats. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het ook vir hom gevra: “Laat my asseblief toe om vir twee maande na die heuwels toe te gaan. Ek wil daar saam met my vriendinne gaan treur omdat ek as ’n maagd moet sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het sy vir haar vader gesê: Laat d¡t my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne. |
| Afrikaans 1983 | Sy het verder vir hom gesê: “Bewys my net hierdie guns: gee my twee maande uitstel om berge toe te gaan en daar saam met my vriendinne te gaan treur oor my lewe as jongmeisie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder het sy vir haar vader gesê: “Laat my dit nog gegun word: Gee my vryheid vir twee maande, sodat ek in die berge kan ronddwaal. Ek wil gaan treur oor my maagdelikheid, ek en my vriendinne.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het ook vir haar pa gesê: “Ek vra net een ding: Los my twee maande lank sodat ek en my vriendinne na die berge kan gaan. Ons wil daar gaan huil omdat ek moet sterf, ek wat 'n jongmeisie is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar bewys my net een guns,” het sy gevra. “Laat my toe om twee maande lank berge toe te gaan om daar saam met my vriendinne te gaan treur dat ek as ’n maagd gaan sterf.” |