Judges 11:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy sê vir hom: My vader, as jy jou mond vir die HERE oopgemaak het, doen met my soos wat uit jou mond uitgegaan het; omdat die HERE vir jou wraak geneem het oor jou vyande, die kinders van Ammon.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het vir hom gesê: “Pa, jy het ’n gelofte aan die Here gemaak. Doen met my wat Pa beloof het. Die Here het vir Pa ’n oorwinning oor jou vyande, die Ammoniete, gegee.”
Afrikaans 1933/1953 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
Afrikaans 1983 Jefta se dogter het hom geantwoord: “Pa, Pa het Pa se woord aan die Here gegee. Doen met my wat Pa gesê het nou dat die Here vir Pa gehelp het om Pa se vyande, die Ammoniete, te straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het hom geantwoord: “Pa, jy het met jou mond aan die Here 'n gelofte afgelê. Maak dan met my soos wat jy gesê het nadat die Here vir jou die geleentheid vir wraak op jou vyande, op die Ammoniete, gegee het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy dogter het vir hom gesê: “Pa, jy het belowe om my vir die Here te gee, en die Here het jou gehelp om jou vyande, die Ammoniete, te straf. Nou moet jy met my doen wat jy belowe het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy sê toe vir hom: “As Pa Pa se woord vir die Here gegee het, moet Pa doen wat Pa belowe het, want die Here het Pa gehelp om Pa se vyande, die Ammoniete, te verslaan.