Judges 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jefta vir sy broers gevlug en in die land Tob gaan woon; en daar het ydele manne by Jefta versamel en saam met hom uitgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jefta het van sy broers padgegee en in die streek Tob gaan woon. Hy het ’n bende leeglêers om hom versamel. Hy was hulle leier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Toe vlug Jefta van sy broers af weg en gaan woon in Tob. 'n Klomp leeglêers het hulle by Jefta geskaar en saam met hom gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jefta het toe van sy broers af padgegee en in die landstreek Tob gaan woon. Leeglêers het by Jefta aangesluit en saam met hom strooptogte onderneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jefta het toe weggegaan van sy broers en hy het in die land Tob gaan woon. Mense wat nie grond of werk gehad het nie, het by Jefta gaan woon en hulle het oral saam met hom gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jefta het toe van sy broers af padgegee en in Tob gaan woon. Dit was nie te lank voordat ’n groot klomp nikswerd leeglêers by hom aangesluit en oral saam met hom gegaan het nie. |