Judges 11:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die Gees van die HERE oor Jefta gekom, en hy het deur Gílead en Manasse getrek en deur Mispa in Gílead getrek, en van Mispa in Gílead oorgetrek na die kinders van Ammon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gees van die Here het op Jefta gekom. Hy het deur Gilead en Manasse getrek tot by Mispa in Gilead. Van daar af het hy teen die Ammoniete gaan veg.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na G¡lead en Manasse en verder deur na Mispe in G¡lead; en van Mispe in G¡lead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
Afrikaans 1983 Toe het die Gees van die Here op Jefta gekom, en hy het deur Gilead en Manasse getrek en verbygetrek tot by Mispa in Gilead, en van daar af het hy teen die Ammoniete opgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Gees van die Here het oor Jefta gekom en hy het deur Gilead en Manasse getrek. Hy het na Mispa in Gilead opgetrek, en van Mispa in Gilead het hy oorgetrek na die Ammoniete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die Gees van die Here in Jefta gekom, en Jefta het deur Gilead en Manasse gegaan tot by die stad Mispa in Gilead, en van daar het hy na die Ammoniete toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Gees van die Here oor Jefta gekom en hy het deur die gebiede van Gilead en Manasse getrek, verby tot by Mispa in Gilead. Van daar af het hy sy weermag teen die Ammoniete uitgelei.