Judges 11:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ek nie teen jou gesondig nie, maar jy doen my onreg om teen my te veg: die HERE, die Regter, moet vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het nie verkeerd met jou gemaak nie. Jy is die een wat verkeerd met my maak. Laat die Here, wat die regter is, vandag sy beslissing gee in die saak tussen die Israeliete en die Ammoniete.”
Afrikaans 1933/1953 So het,k dan nie teen u gesondig nie, maar u handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die HERE, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!
Afrikaans 1983 Ek het niks verkeerds teenoor jou gedoen nie; maar jy handel verkeerd teenoor my deur met my te kom oorlog maak. Die Here wat regter is, sal vandag uitspraak lewer in die saak tussen die Israeliete en die Ammoniete.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is nie die een wat 'n misstap teenoor jou begaan het nie, maar jy is die een wat my 'n onreg aandoen deur teen my oorlog te voer. Die Here, die Regter, sal vandag tussen die Israeliete en die Ammoniete beslis.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nie óns wat verkeerd gedoen het teen julle nie, dit is júlle wat verkeerd gedoen het teen ons, júlle het begin oorlog maak teen ons. Ek weet die Here sal vandag sê wie het reg gedoen, ons of julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het niks aan jou gedoen nie. Maar die feit dat jy nou teen my kom oorlog maak, is verkeerd. Laat die Here wat regter is, besluit wie is reg: Israel of Ammon.”