Judges 11:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl Israel in Hesbon en sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon-kusgebied lê, drie honderd jaar lank gewoon het? waarom het julle hulle dan nie binne dié tyd teruggekry nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Israel bly nou al 300 jaar in Gesbon en sy omgewing, Aroër en sy distrik en in al die stede langs die Arnon. Hoekom het jy hulle nie destyds al probeer terugkry nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, drie honderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in die tyd ontset nie? |
| Afrikaans 1983 | “Drie honderd jaar gelede het Israel in Gesbon en sy buitedorpe gaan woon, en ook in Aroër en sy buitedorpe, en in al die stede op die Arnonoewer. Waarom het jy hulle nie in daardie tyd teruggevat nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Israel woon nou al driehonderd jaar lank in Gesbon en sy omliggende dorpies, in Aroër en sy omliggende dorpies en in al die dorpe wat langs die Arnon lê. Waarom het julle dit nie gedurende dié tyd van ons afgeneem nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete woon 300 jaar lank in die stad Gesbon en die klein dorpies daar naby, in die stad Aroër en die klein dorpies daar naby, en in al die stede langs die Arnon-rivier. Hoekom het julle nie in daardie tyd die stede en die plekke probeer terugvat nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou wil jy na 300 jaar die saak aanroer! Intussen bly Israel van toe af al in Gesbon en sy omringende dorpe en net so ook in Aroër met sy omringende dorpe en in die dorpe op die walle van die Arnonrivier. Waar kom jy nou skielik vandaan? |