Judges 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En is jy nou enigiets beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? het hy ooit teen Israel gestry, of het hy ooit teen hulle geveg?
Afrikaans (NLV) 2011 Is jy dan beter as koning Balak van Moab, die seun van Sippor? Het hy dalk oor die grond ’n saak probeer maak teen Israel? Of het hy daaroor oorlog gemaak? Natuurlik nie!
Afrikaans 1933/1953 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?
Afrikaans 1983 Is jy dalk beter as koning Balak van Moab, seun van Sippor? Het hy dalk 'n saak gemaak teen Israel of met hom oorlog gemaak?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is jy dan nou soveel beter as Balak, seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis of ooit teen hulle geveg?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy is nie beter as Balak seun van Sippor nie, Balak die koning van die Moabiete. Hy het nie die Israeliete beskuldig nie en hy het nie oorlog gemaak teen hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of dink jy dalk jy is beter as Sippor se seun Balak, die koning van Moab? En tog het hy Israel nooit aangevat oor grond of teen ons probeer oorlog maak nie.