Judges 11:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal jy nie in besit neem wat jou god Kamos jou gee om in besit te neem nie? Elkeen dan wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, dié sal ons in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy bly waar jou god Kemos vir jou grond gegee het. Ons bly waar die Here ons God vir ons grond gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en ons alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?
Afrikaans 1983 Jy besit wat jou god Kemos jou in besit laat neem het. Wat die Here ons God ons in besit laat neem het, is ons s'n.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is die gebied wat jou god Kemos vir jou as besitting gee, nie dit wat jy moet beset nie? En is die gebied van almal wat die Here ons God voor ons uit verdryf het, nie dit wat ons moet beset nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan alles vat wat jou god Kemos vir jou gee, en ons sal vat wat ons God die Here vir ons gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan jy dit nou probeer terugvat? Jy kan hou wat jou god Kemos vir jou gegee het. Maar ons hou alles wat die Here ons God vir ons gegee het.