Judges 11:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en hulle het hulle verslaan; en Israel het die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die mag van Israel oorgegee. Israel het hulle verslaan en beheer oorgeneem oor die hele gebied waar die Amoriete toe gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en die het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here die God van Israel het vir Sihon en sy hele volk in die mag van Israel oorgegee, en hy het hulle verslaan en die hele gebied waar die Amoriete toe gewoon het, in besit geneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Here, die God van Israel, het Sihon en al sy manskappe in die hand van Israel gegee, sodat hulle hulle verslaan het. Israel het toe die hele gebied van die Amoriete wat in daardie land gewoon het, in besit geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, die God van Israel, het die Israeliete laat wen teen Sihon en al sy manne. Die Israeliete het hulle oorwin en hulle het die hele land gevat van die Amoriete wat toe daar gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here, die God van Israel, het vir sy volk die oorwinning gegee en hulle het die hele gebied van die Amoriete vir hulleself ingeneem, |