Judges 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Gílead se vrou het vir hom seuns gebaar; en die seuns van sy vrou het grootgeword, en hulle het Jefta verdryf en vir hom gesê: Jy mag nie in die huis van ons vader erwe nie; want jy is die seun van 'n vreemde vrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gilead se eie vrou het ook vir hom seuns gegee. Toe sy halfbroers groot was, het hulle vir Jefta weggejaag. Hulle het vir hom gesê: “Jou ma is ’n prostituut. Jy mag nie saam met ons van ons pa erf nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die vrou van G¡lead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou. |
| Afrikaans 1983 | Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag nie van ons pa erf nie, want jy is die kind van 'n ander vrou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar toe Gilead se vrou vir hom seuns in die wêreld bring en die vrou se seuns grootword, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag nie 'n erfdeel in ons familie kry nie, want jy is die seun van 'n ander vrou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gilead se vrou het ook kinders gekry, en toe haar kinders groot was, het hulle vir Jefta weggejaag. Hulle het vir hom gesê: “Jy is 'n ander vrou se kind, jy kan nie saam met ons van pa se goed erf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gilead het nog ander seuns ook gehad by sy eie vrou. Toe hulle grootgeword het, het hulle hulle halfbroer, Jefta, weggejaag. “Jy mag niks van ons pa erf nie,” het hulle vir hom gesê, “want jy is ’n ander vrou se kind!” |