Judges 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Israel het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon; en Israel sê vir hom: Laat ons tog deur u land na my plek trek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Israel het toe ook na koning Sihon van die Amoriete in Gesbon boodskappers gestuur met die versoek: Laat my asseblief deur jou land trek na my plek toe.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.
Afrikaans 1983 Toe het Israel boodskappers gestuur na koning Sihon van die Amoriete toe in Gesbon en vir hom gevra: ‘Laat my tog na my plek toe trek deur jou gebied.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Israel boodskappers gestuur na Sihon, koning van die Amoriete, die koning in Gesbon. Israel het vir hom gevra: “Laat ons asseblief deur u land trek na ons plek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het toe boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete in die stad Gesbon, en hulle het vir hom gevra: ‘Laat ons asseblief deur jou land gaan na ons eie plek toe.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af het Israel boodskappers na koning Sihon van die Amoriete toe gestuur. Hy het in Gesbon gewoon. Hulle het hom gevra om hulle toe te laat om deur sy gebied na hulle land toe te trek,