Judges 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het toe deur die woestyn getrek en die land Edom en die land Moab omsingel en aan die oostekant van die land Moab gekom en laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar het nie binne die grens van Moab gekom nie, want Arnon was die grens van Moab. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy het toe rondom die gebied van Edom en dié van Moab deur die woestyn getrek. Hy het oos van Moab se gebied verbygesteek en kamp gaan opslaan aan die ander kant van die Arnonrivier. Hy het nêrens in Moab se gebied gekom nie. Die Arnon is tog Moab se grens. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy deur die woestyn getrek, by die gebied van Edom en dié van Moab verby en oos van Moab, noord van die Arnon, kamp opgeslaan. Hy het nie in die gebied van Moab gekom nie, want die Arnon is Moab se grens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het hulle deur die woestyn gegaan en om die gebied van Edom en die gebied van Moab getrek. Hulle het oos gehou van die gebied van Moab, en kamp opgeslaan anderkant die Arnon. Hulle het nie in die grondgebied van Moab gekom nie, want die Arnon is die grens van Moab. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en daarna het hulle om die land Edom en om die land Moab gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan oos van die land Moab, anderkant die Arnon-rivier. Hulle het nie oor die grens van die land Moab gegaan nie, want die Arnon-rivier was die grens. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uiteindelik het hulle deur die woestyn, óm die gebiede van Edom en Moab getrek. Hulle het aan die oostekant van Moab kamp opgeslaan aan die oorkant van die Arnonrivier. Maar hulle het nooit oor die Arnonrivier in Moab se gebied ingegaan nie. |