Judges 11:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe stuur Israel boodskappers na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur jou land trek, maar die koning van Edom het nie daarna geluister nie. En net so het hulle na die koning van Moab gestuur, maar hy wou nie instem nie; en Israel het in Kades gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 “Van daar af het hy boodskappers na die koning van Edom toe gestuur en hom versoek: Laat my asseblief deur jou land trek. Hy het geweier. Israel het ook vir die koning van Moab gevra. Hy wou ook nie. Israel het toe net daar in Kades gebly.
Afrikaans 1933/1953 En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israel in Kades gebly.
Afrikaans 1983 Daar het hy boodskappers na die koning van Edom toe gestuur en gevra: ‘Laat my asseblief deur jou land trek,’ maar hy het nie ingestem nie. Israel het dieselfde van die koning van Moab gevra, maar hy wou hulle nie toelaat nie. Israel het toe in Kades gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel het toe boodskappers na die koning van Edom gestuur om te vra: “Laat ons asseblief deur u gebied trek.” Maar die koning van Edom wou niks daarvan hoor nie. Hulle het die boodskap ook na die koning van Moab gestuur, maar ook hy wou nie. Israel het toe by Kades gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het boodskappers gestuur na die koning van Edom en hulle het vir hom gevra: ‘Laat ons asseblief deur jou land gaan.’ Maar die koning van Edom wou nie hê hulle moet deur sy land gaan nie. Hulle het ook vir die koning van Moab 'n boodskap gestuur, maar hy wou ook nie hê hulle moet deur sy land gaan nie. Die Israeliete het toe in Kades gebly,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af het hulle boodskappers na die koning van Edom toe gestuur en toestemming gevra om deur sy land te trek, maar hy wou dit nie toelaat nie. Hulle het presies dieselfde ding vir die koning van Moab gevra, maar hy wou ook niks daarvan weet nie. Daarom het die Israeliete in Kades gebly.