Judges 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning van die kinders van Ammon het aan die boodskappers van Jefta geantwoord: Omdat Israel my land weggeneem het toe hulle uit Egipte opgetrek het, van Arnon af tot by Jabbok en tot by die Jordaan; herstel dan nou daardie lande in vrede.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Ammonitiese koning se antwoord vir Jefta se boodskappers was: “Israel het my land van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan gesteel toe hulle uit Egipte opgetrek het. Gee dit nou vreedsaam terug.”
Afrikaans 1933/1953 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.
Afrikaans 1983 Die koning van die Ammoniete het die boodskappers van Jefta geantwoord: “Toe die Israeliete uit Egipte weggetrek het, het hulle my land gevat, van die Arnon af tot by die Jabbok en die Jordaan. Gee dit nou in vrede terug.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning van die Ammoniete het Jefta se boodskappers geantwoord: “Dit is omdat Israel my land afgeneem het toe hulle opgetrek het uit Egipte – van die Arnon af tot by die Jabbok en tot aan die Jordaan. Gee dit dan nou terug, ter wille van die vrede!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van die Ammoniete het vir Jefta se boodskappers gesê: “Sê vir Jefta: Ek het gekom om oorlog te maak omdat die Israeliete my land gevat het toe hulle uit Egipte gekom het. Dit is die grond tussen die Arnon-rivier en die Jabbok-rivier tot teen die Jordaan-rivier. Gee die grond terug, dan sal daar vrede wees tussen ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning van Ammon se antwoord was: “Toe die Israeliete uit Egipte weggetrek het, het hulle my land by my gevat, die hele gebied van die Arnonrivier af tot by die Jabbokrivier en van daar af die hele ent tot by die Jordaanrivier. Al wat ek vra, is dat julle my land in vrede teruggee.”