Judges 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jefta het boodskappers na die koning van die kinders van Ammon gestuur om te sê: Wat het jy met my te doen, dat jy teen my gekom het om in my land te veg? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jefta het boodskappers na die koning van die Ammoniete gestuur om by hom te hoor: “Wat is daar tussen ons en jou dat jy hier na ons land kom om teen ons oorlog te maak?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg? |
| Afrikaans 1983 | Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die Ammoniete toe om hom te vra: “Wat het tussen ons gebeur dat jy hiernatoe gekom het om teen my land oorlog te maak?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Jefta boodskappers gestuur na die koning van die Ammoniete om te sê: “Wat het jy teen my dat jy kom oorlog maak teen my land?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy boodskappers gestuur na die koning van die Ammoniete om vir hom te vra: “Wat is die probleem tussen ons? Hoekom het jy gekom om oorlog te maak in my land?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jefta het toe boodskappers na die koning van Ammon toe gestuur om vir hom te vra: “Wat is jou probleem met ons? Waarom is jy besig om ons land binne te val?” |