Judges 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het die kinders van Ammon deur die Jordaan getrek om ook te veg teen Juda en teen Benjamin en teen die huis van Efraim; sodat Israel baie benoud was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Ammoniete het ook die Jordaan oorgesteek om teen Juda, Benjamin en Efraim te gaan oorlog maak. Israel was in groot moeilikheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het. |
| Afrikaans 1983 | Die Amoriete het selfs die Jordaan oorgesteek en teen Juda, Benjamin en Efraim gaan oorlog maak en Israel swaar laat ly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en toe steek die Ammoniete die Jordaan oor om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim oorlog te maak. Vir Israel was dit 'n tyd van groot benoudheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Ammoniete het ook oor die Jordaan-rivier gekom om oorlog te maak teen die stamme van Juda en Benjamin en Efraim. Die Israeliete het baie swaar gekry |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Ammoniete het selfs die Jordaanrivier oorgesteek en teen die stamme van Juda, Benjamin en Efraim gaan oorlog maak. Israel was in groot moeilikheid. |