Judges 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daardie jaar het hulle die kinders van Israel gekwel en verdruk: agtien jaar lank al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan was, in die land van die Amoriete wat in Gílead is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die Israeliete wat oos van die Jordaan bly, in die gebied van die Amoriete in Gilead, agtien jaar lank onderdruk en hulle mishandel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in G¡lead was. |
| Afrikaans 1983 | Van toe af het die Amoriete die Israeliete in Gilead agtien jaar lank verdruk en mishandel. Gilead was oos van die Jordaan, in die gebied van die Amoriete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in daardie jaar die Israeliete begin vernietig en verdruk. Vir agttien jaar het hulle dit gedoen aan al die Israeliete wat oorkant die Jordaan was, in die gebied van die Amoriete wat in Gilead is; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Filistyne en Ammoniete het die Israeliete in dieselfde jaar oorwin en hulle het wrede dinge gedoen aan die Israeliete. Hulle het die Israeliete 18 jaar lank verdruk, die Israeliete wat anderkant die Jordaan-rivier gewoon het, in die land van die Amoriete, in Gilead. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van toe af het die Ammoniete die Israeliete in Gilead, oos van die Jordaan, agtien jaar lank laat swaarkry en hulle erg mishandel. |