Judges 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die Baäls en Astartes en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon gedien en die gode van die Filistyne, en die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het maar weer begin doen wat verkeerd is vir die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes vereer en voor die gode van die Arameërs, die Sidoniërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne gebuig. Hulle het hulle rug op die Here gedraai. Hulle het Hom nie meer aanbid nie.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes en die gode van Sidon vereer, en ook dié van die Arameërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne. Hulle was ontrou aan die Here, hulle het Hom nie gedien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en ook die gode van Aram, van Sidon, van Moab, van die Ammoniete en van die Filistyne. Hulle het die Here verlaat en Hom nie gedien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het weer dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het die Baäls en die Astartes gedien en ook die gode van die Arameërs, die Sidoniërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne. Hulle het opgehou om die Here te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het weer dinge gedoen wat nie die Here se goedkeuring weggedra het nie. Hulle het die Baäls en die Astartes asook die gode van Sidon en dié van die Arameërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne aanbid. Hulle het die rug vir die Here gedraai en Hom glad nie meer gedien nie.