Judges 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dertig seuns gehad wat op dertig eselvulsels gery het, en hulle het dertig stede gehad wat tot vandag toe Havot-Jair genoem word, wat in die land Gílead is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy 30 seuns het elkeen op ’n donkie gery. Hulle het 30 dorpe in Gilead gehad. Dit word vandag nog die tentdorpe van Jaïr genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; die word tot vandag toe die Ja‹rsdorpe genoem wat in die land G¡lead lê. |
| Afrikaans 1983 | Jaïr het dertig seuns gehad en elkeen het op 'n jong donkie gery. Hulle het dertig dorpe besit en dit word nou nog die tentdorpe van Jaïr genoem. Die dorpe is in Gilead geleë. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dertig seuns gehad wat op dertig donkiehingste gery en dertig dorpe gehad het. Dit word vandag nog Gawwoot-Jaïr genoem, en is in die Gileadstreek geleë. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het 30 seuns gehad wat op 30 donkies gery het. Hulle het 30 stede gehad, en die mense noem die stede vandag nog die Jaïr-kampe. Die kampe is in die land Gilead. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jaïr het 30 seuns gehad wat elkeen op ’n jong donkie rondgery het. Hulle het ook 30 dorpe in die gebied van Gilead gehad wat steeds bekend staan as die tentdorpe van Jaïr. |