Judges 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk en die vorste van Gílead het vir mekaar gesê: Watter man is dit wat teen die kinders van Ammon sal begin veg? hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
Afrikaans (NLV) 2011 Die aanvoerders by Gilead het met mekaar ooreengekom: “Die een wat die oorlog teen die Ammoniete begin, sal die leier wees van almal wat in Gilead bly.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die manskappe, die vorste van G¡lead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van G¡lead.
Afrikaans 1983 Die leiers van Gilead het vir mekaar gevra: “Wie sal die oorlog teen die Ammoniete begin? Dié man moet die leier van al Gilead se mense word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manskappe, die •aanvoerders van Gilead, sê toe vir mekaar: “Wie is die man wat die stryd teen die Ammoniete sal aanpak? Hy sal 'n leier wees vir al die inwoners van Gilead. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die Israeliete in die land Gilead het vir mekaar gesê: “Ons moet iemand kry wat sal begin om teen die Ammoniete oorlog te maak. Hy moet die hoof word van al die mense wat in Gilead woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van Gilead het vir mekaar gesê: “Wie gaan ons soldate in die oorlog teen die Ammoniete lei? Hy moet in elk geval dan die leier van al Gilead se mense word.”