Judges 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die kinders van Ammon bymekaargekom en laer opgeslaan in Gílead. En die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan in Mispa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Ammoniete het saamgetrek om oorlog te maak. Hulle het kamp opgeslaan in Gilead. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle reggemaak vir oorlog. Hulle het by Mispa kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in G¡lead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa. |
| Afrikaans 1983 | Die Ammoniete is opgeroep en hulle het kamp opgeslaan in Gilead. Die Israeliete het ook bymekaargekom en in Mispa kamp opgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Ammoniete is opgeroep en het kamp opgeslaan in Gilead, terwyl die Israeliete bymekaargekom en kamp opgeslaan het by Mispa. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Ammoniete het hulle manne bymekaargeroep en hulle het in Gilead hulle tente opgeslaan. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle tente opgeslaan in Mispa. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op daardie tydstip het die Ammonitiese weermag gereedgemaak vir oorlog teen die Israeliete. Hulle het in Gilead kamp opgeslaan. Die Israeliete het ook vir oorlog gereedgemaak en hulle kamp by Mispa opgeslaan. |