Judges 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die vreemde gode onder hulle uit verwyder en die HERE gedien; en sy siel was bedroef oor die ellende van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ontslae geraak van die ander gode en net die Here aanbid. Hy was jammer vir hulle omdat hulle so swaargekry het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en Hy het 'n end gemaak aan hulle swaarkry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe die vreemde gode tussen hulle verwyder en die Here gedien; en Hy kon toe nie meer Israel se swaarkry verduur nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het toe die gode van ander volke weggegooi en die Israeliete het die Here gedien. Die Here was weer vir hulle jammer omdat hulle so swaar kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ontslae geraak van die ander gode en weer die Here aanbid. Die Here is deur hulle lyding aangeraak. |