Judges 1:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook het Naftali nie die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Betánat verdryf nie; maar hy het gewoon onder die Kanaäniete, die inwoners van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Betánat het aan hulle belastingpligtiges geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Naftali kon ook nooit die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hulle het tussen die Kanaäniete gaan bly. Hulle het wel die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat gedwing om vir hulle te werk.
Afrikaans 1933/1953 N ftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.
Afrikaans 1983 Naftali het nie die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hy het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat moes dwangarbeid doen vir Naftali.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Naftali het nie die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verdryf nie en het tussen die Kanaäniete, die inwoners van daardie landstreek, gewoon. Maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat moes vir hulle dwangarbeid verrig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Naftali-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-Semes en Bet-Anat nie, maar die mense van Bet-Semes en Bet-Anat moes swaar werk vir die Naftali-mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stam van Naftali kon ook nie daarin slaag om die inwoners van Bet-Semes en Ben-Anat uit hulle dorpe te verdryf nie. Hulle moes maar saam met hulle daar bly, alhoewel hulle dié mense verplig het om vir hulle te werk.