Judges 1:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sebulon het ook nie die inwoners van Kitron en die inwoners van Nahalol verdryf nie; maar die Kanaäniete het onder hulle gewoon en sy dienspligtiges geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Sebulon kon ook nie die Kanaäniete wat in Kitron en Nahalal gebly het daar wegkry nie. Die Kanaäniete bly nog al die tyd by Sebulon, maar moes dwangarbeid doen.
Afrikaans 1933/1953 S,bulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van N halol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.
Afrikaans 1983 Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verslaan nie. Die Kanaäniete het by Sebulon bly woon en moes dwangarbeid doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verdryf nie. Die Kanaäniete het tussen hulle bly woon, maar moes dwangarbeid verrig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Sebulon-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat in Kitron en Nahalal gewoon het nie. Die Kanaäniete het aangehou om tussen die Sebulon-mense te woon, maar die Sebulon-mense het die Kanaäniete swaar laat werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook die stam van Sebulon se aanslag op die dorpe Kitron en Nahalal was onsuksesvol. Al het hulle die Kanaäniete gedwing om vir hulle te werk, het hulle steeds saam met hulle in hierdie gebiede gebly.