Joshua 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het na Josua gegaan in die laer by Gilgal en vir hom en die manne van Israel gesê: Ons het van 'n ver land af gekom; sluit dan nou 'n verbond met ons.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het by Josua in die kamp by Gilgal aangekom en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom van ’n ver land af. Ons wil graag met julle ’n verdrag sluit.”
Afrikaans 1933/1953 So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van 'n ver land af; sluit dan nou 'n verbond met ons.
Afrikaans 1983 Hulle het na Josua toe in die kamp by Gilgal gegaan en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom uit 'n ver land en ons kom vra dat u met ons 'n verdrag sluit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het na Josua in die kamp by Gilgal gegaan, en vir hom en die manne van Israel gesê: “Ons kom van 'n baie ver land; sluit daarom nou met ons 'n verdrag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het na Josua toe gegaan in die kamp by Gilgal en hulle het vir hom en die leiers van die Israeliete gesê: “Ons kom van 'n ver land, en nou moet julle 'n ooreenkoms maak met ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So is hulle toe daar weg Gilgal toe, waar die Israeliete se kamp was. Daar aangekom, sê hulle vir Josua: “Ons kom uit ’n ver land om julle te vra om met ons ’n ooreenkoms aan te gaan.”