Joshua 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het hulle dié dag houtkappers en waterputters gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe op die plek wat Hy sou uitkies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van daardie dag af tot vandag toe het Josua hulle die houtkappers en waterdraers vir die volk en vir die altaar van die Here gemaak, waar dit ook al was. Dit is vandag nog steeds so. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josua dan op die dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies. |
| Afrikaans 1983 | maar hy het hulle van dié dag af houtkappers en waterdraers gemaak vir die volk en vir die altaar van die Here op dié plek wat die Here sou kies. Dit is vandag nog so. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag het Josua hulle houtkappers en waterdraers gemaak vir die volksvergadering en vir die altaar van die Here, op die plek wat Hy sou kies; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hy het gesê die Gibeon-mense moet van daardie dag af hout kap en water skep vir al die Israeliete en vir die altaar van die Here. Hulle moes dit doen op die plek wat die Here sal kies. Hulle doen dit nou nog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hy het hulle van toe af baie hard vir die Israeliete laat werk. Hulle moes hout en water aandra vir die volk en later ook vir die altaar van die Here nadat Hy besluit het waar dit gebou moes word. Dit sou in die toekoms hulle werk bly. |