Joshua 9:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so het hy met hulle gedoen en hulle verlos uit die hand van die kinders van Israel, sodat hulle hulle nie gedood het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het gekeer dat die Israeliete hulle doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat die hulle nie gedood het nie.
Afrikaans 1983 Josua het toe só gemaak: hy het hulle beskerm teen die Israeliete dat dié hulle nie doodmaak nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is wat hy toe met hulle gedoen het: Hy het hulle gered uit die hand van die Israeliete, en hulle het hulle nie doodgemaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het toe dít gedoen: Hy het gekeer sodat die Israeliete nie die Gibeon-mense doodmaak nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het toe besluit om hulle nie dood te maak nie, aangesien hy nie die ooreenkoms met hulle wou verbreek nie.