Joshua 9:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is julle vervloek, en niemand van julle sal verlos word van slawe en houtkappers en waterputters vir die huis van my God nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle is vervloek. Van nou af sal julle die houtkappers en waterdraers vir die huis van my God wees.”
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.
Afrikaans 1983 Daar rus nou 'n vloek op julle. Julle sal altyd slawe wees: houtkappers en waterdraers vir die huis van my God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, vervloek is julle! Julle sal julle knegskap nie kan afskud nie; houtkappers en waterdraers sal julle wees vir die huis van my God.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom vervloek ek julle nou. Julle sal altyd slawe moet wees, julle sal die hout moet kap en die water moet skep vir die tempel van my God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As gevolg daarvan rus daar nou ’n vonnis op julle. Julle sal vir altyd diensknegte wees wat moet sorg dat daar genoeg hout en water vir die huis van my God is.”